Local news

Homestead slaghuis vier 4de verjaarsdag

Homestead het van die geleentheid gebruik gemaak om hulle nuwe klerereeks, Ietsie Homestead, bekend te stel.

Homestead slaghuis het 21 November hulle vierde verjaarsdag met ‘n potjiekos kompetisie gevier. Die jaar se kompetisie was ‘n reuse sukses, self groter as laas jaar sin.

Tydens hierdie jaar se potjiekos kompetisie, het Kooperasie Kos en Kroeg het die Restaurante afdeling gewen en Flotech het die individuele afdeling gewen.

As gevolg van al die hoofborge en inskrywings kon Homestead ‘n massiewe R75 000 aan Helpende Hand se Noordwes Studiefonds skenk. ‘n Hele R35 000 meer as laas jaar se skenking. Daar was ook binnehuis pryse, ander geskenkpakke en kontant pryse gewen.

Homestead het van die geleentheid gebruik gemaak om hulle nuwe klerereeks, Ietsie Homestead, bekend te stel. Die reeks sluit in hemde vir oud en jong, kinder vellies, pette, en vele meer in.

Homestead wil baie graag al hulle lojale kliënte, wat hulle vir die laaste vier jaar ondersteun het, bedank, asook die wat die dag besoek kom aflê en wat deelgeneem het aan die potjiekos kompetisie. Dan ook vir almal wat ingeskryf het vir die potjiekos kompetisie asook die borge. Julle het gehelp om die dag moontlik en suksesvol te maak.

Kyk na die fotos hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button