Local news

Ex-boer se viole tydens konsert ten toon geste

Dié stokperdjie kon hy eers na sy aftrede in 2021 ontwikkel.

’n Hoogs-uitsonderlike musiekkonsert het op 20 November in Potchefstroom plaasgevind. Dit was ’n uitvoering van viool-duette, gespeel op twee viole wat deur ’n Potchefstromer gebou is. Boonop is een van die strykstokke wat gebruik is ook deur ’n Potchefstromer geskep.

Jannie Boshoff, ’n afgetrede boer en ingenieur, het die twee viole gemaak. Dié stokperdjie kon hy eers na sy aftrede in 2021 ontwikkel. Om ’n viool te bou sit nie in enigiemand se broek nie en Jannie het vooraf tydens die konsert iets van dié ingewikkelde proses verduidelik.

Die strykstok is die handewerk van Eleana van Niekerk, wat self ook viool speel. Sy is, nes Jannie, ’n ingenieur en het aan die Noordwes-Universiteit gekwalifiseer. Die gogga om strykstokke te skep het begin byt nadat sy begin het om strykstokke te behaar. Na nege jaar se deeltydse studie oor die maak van strykstokke en ’n kursus het sy haar eerste strykstok geskep.Eleana doen ook herstelwerk aan viole.

Piet Koornhof en Friedel Wolff was die kunstenaars. Koornhof is ’n wêreldbekende violis en reeds jare aan die Skool vir Musiek van die NWU verbonde. Wolff is ’n IT-spesialis wat ook aan die NWU verbonde is. Hy is boonop ’n uiters begaafde musikant en die blokfluit is eintlik sy eerste instrument. Hy is ook die leier van Impromptu, die orkes van die Musieksentrum van die Potchefstroom Gimnasium.

Tydens die konsert het Koornhof gesê dat hy nie dink daar is ’n ander dorp in die land waar ’n konsert met drie instrumente deur twee inwoners plaasgevind het nie. Hy het die konsert begin reël nadat Jannie die tweede viool voltooi het en hy graag aan hom erkenning wou gee vir die besondere prestasie. Jannie het later gesê dat dié aand die hoogtepunt van sy lewe was.

Die violiste het viool-duette van ’n barokkomponis tot moderne komponiste gespeel. Die konsert het plaasgevind in die Orrelsaal van die Konservatorium voor ’n propvol saal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button