Nomineer nou jou gunsteling besighede vir Best of Potch
Watter besighede bied die beste kliëntediens in die stad? Wie gaan daai ekstra myl vir hul kliënte? Waar kry jy die beste waarde vir geld, of die beste ervaring?
Nominasies vir Best of Potch 2026 is nou oop! Dit is tyd om vir jou gunsteling besighede te stem.
Dit sal die derde keer wees wat inwoners die geleentheid sal hê om vir die beste besighede in Potchefstroom te stem. Die nominasies sal op 15 Desember vir die publiek oopmaak en op 15 Januarie 2026 sluit.
Watter besighede bied die beste kliëntediens in die stad? Wie gaan daai ekstra myl vir hul kliënte? Waar kry jy die beste waarde vir geld, of die beste ervaring?
Maak ‘n knoop in jou oor as jy deur die jaar met so besigheid te doen gehad het, en maak seker om hulle op 15 Desember te nomineer.
Kliek die skakel of skandeer die QR-kode om besighede te nomineer: https://www. citizen.co.za/potchefstroomherald/2026-best-ofpotchefstroom/