Bertus van der Linde, matrikulant aan Hoërskool Gimnasium, het onlangs sy internasionale debuut op ‘n baie hoë noot begin deur sy persoonlike beste tyd in die 3000m te hardloop.
Hy eindig tweede in ‘n wedloop waar die nuwe Suid-Afrikaanse rekord deur Amogelang Tatai gebreek is.
“Baie geluk, Bertus! Jou harde werk, fokus en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp. Gimmies is ongelooflik trots op jou en hou jou loopbaan met groot afwagting dop,” het die skool gesê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



