Local news

Gesin kort hulp na seun wreed deur hond aangeval is

Na die aanval is Daniël hospitaal toe gehaas waar dokters die omvang van sy beserings ondersoek het.

Daniël Heystek (6) is op 26 Desember wreed deur ‘n hond aangeval. Danksy die vinnige optrede van sy boetie, Rico, is sy lewe gered.

Die familie vertel dat Rico met ongelooflike dapperheid opgetree het toe die insident gebeur het.

“Hy het alles in sy vermoë gedoen om Daniël te beskerm en alarm gemaak om so gou as moontlik hulp te ontbied. Sy moed en vasberadenheid het in daardie oomblikke ‘n kritieke verskil gemaak. As gevolg van Rico se optrede is Daniël vandag nog met ons.”

Na die aanval is Daniël hospitaal toe gehaas waar dokters die omvang van sy beserings ondersoek het. Daar is hy gestabiliseer waarna vasgestel is dat hy ernstige beserings aan sy kopvel opgedoen het, wat ‘n noodoperasie vereis het.

Tydens die operasie is beskadigde weefsel versigtig verwyder, en die oorblywende kopvel is versigtig herposisioneer om sy skedel te beskerm. Aangesien daar nie genoeg gesonde weefsel was om die aangetaste areas volledig te bedek nie, is vel van Daniël se bobeen geneem om die wonde te help bedek en beskerm. Hierdie prosedure was lewensreddend.

Daniël se herstelpad sal egter lank wees. Volgens sy dokter sal hy areas van haarverlies op sy kopvel hê wat addisionele operasies en voortgesette mediese sorg benodig soos hy genees en groei.

Die familie het tans hulp nodig om die astronomiese mediese kostes te dek, asook enige kostes vir toekomstige prosedures. Indien jy die gesin wil ondersteun, kan jy via hul Back-a-Buddy https://www.backabuddy.co.za/campaign/standing-together-for-danil ‘n donasie maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button