Opwindende begin vir BirdLife Wesvaal in 2026
Dit beloof om weer ‘n insiggewende en belangrike bydrae tot voëlbewaring te wees.
Die nuwe jaar het reeds met ‘n storm van voëlaktiwiteite afgeskop, en BirdLife Wesvaal is geen uitsondering nie. Die afgelope naweek het voëlentoesiaste by Barberspan byeengekom vir ‘n vinnige, maar opwindende voëltel-aktiwiteit.
Teen die einde van Januarie vind die jaarlikse Vaalrivier Watervoëltelling (CWAC) plaas, in samewerking met die Vaal Bird Club. Dit beloof om weer ‘n insiggewende en belangrike bydrae tot voëlbewaring te wees.
BirdLife Wesvaal se eerste klubbyeenkoms vir 2026 vind op 5 Februarie by die Elgro Hotel in Potchefstroom plaas. Die dag begin om 16:30 met opleiding oor SABAP2, gevolg deur die gewone klubbyeenkoms om 18:30. Hierdie keer is Stephan Terblanche die gasspreker, wat sy kennis en passie vir voëls met die klublede sal deel.
Die bestuur van BirdLife Wesvaal sien uit daarna om almal te ontmoet en om die nuwe jaar met ‘n besonderse, interessante en insiggewende aanvang van hul klubaktiwiteite af te skop.



