Local news

Opwindende begin vir BirdLife Wesvaal in 2026

Dit beloof om weer ‘n insiggewende en belangrike bydrae tot voëlbewaring te wees.

Die nuwe jaar het reeds met ‘n storm van voëlaktiwiteite afgeskop, en BirdLife Wesvaal is geen uitsondering nie. Die afgelope naweek het voëlentoesiaste by Barberspan byeengekom vir ‘n vinnige, maar opwindende voëltel-aktiwiteit.

Teen die einde van Januarie vind die jaarlikse Vaalrivier Watervoëltelling (CWAC) plaas, in samewerking met die Vaal Bird Club. Dit beloof om weer ‘n insiggewende en belangrike bydrae tot voëlbewaring te wees.

BirdLife Wesvaal se eerste klubbyeenkoms vir 2026 vind op 5 Februarie by die Elgro Hotel in Potchefstroom plaas. Die dag begin om 16:30 met opleiding oor SABAP2, gevolg deur die gewone klubbyeenkoms om 18:30. Hierdie keer is Stephan Terblanche die gasspreker, wat sy kennis en passie vir voëls met die klublede sal deel.

Die bestuur van BirdLife Wesvaal sien uit daarna om almal te ontmoet en om die nuwe jaar met ‘n besonderse, interessante en insiggewende aanvang van hul klubaktiwiteite af te skop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button