
Vryheidsfront Plus
Die Vryheidsfront Plus wil ten sterkste beswaar maak teen die voorgestelde inlywing van Ventersdorp met Potchefstroom en wel om die volgende redes:
Die afstand van dienslewering word te ver, dit is finansieel nie gangbaar nie.
Die skuldinvordering wat op Potchefstroom se skouers sal rus, sal ‘n striemende gevolg hê op reserwes en sal baie spoedig tot finansiële selfmoord vir Potchefstroom lei.
Potchefstroom sal geensins hierby baat nie en die bestaande raadslede van die Ventersdorp Munisipaliteit sal dan onmiddellik die verantwoordelikheid van Potchefstroom word.
Daar ontbreek nog infrastruktuurdienste in Potchefstroom waarby die raad van Potchefstroom nog in nege jaar nie by uitgekom het nie.
Die landelike gebied waar inwoners reeds belasting betaal, word glad nie gediens nie.
Potchefstroom moet nog die sanitasie, paaie, straatbeligting, vullisverwydering vir die buitestedelike inwoners van Potchefstroom vestig.
Ons kan ons grense nie verder laat strek nie, dit sal ons net nog verder terugsit.
Die mediese bystand in Potchefstroom en die hospitaaldienste is reeds ontoereikend, en kan hoegenaamd nie verder onder druk geplaas word nie.
Die brandweerdienste is reeds nie voldoende vir die diens wat net in Potchefstroom gelewer behoort te word nie.
Die lisensie-afdeling is reeds in chaos en daar kom geen verbetering nie.
Daar is personeeltekorte, bekwame mense word nie aangestel nie en dit sal Potchefstroom in duie laat stort.
Ventersdorp behoort onder kuratorskap geplaas te word en die Noordwes Provinsie of die Sentrale Regering, onder leiding van mnr. Pravin Gordhan, moet daar ingryp.
Ons doen ‘n ernstige beroep op lesers om ons by te staan, deur soveel moontlik beswaar aan te teken.
Mnr. Frans Botha vra dat besware asseblief binne 30 dae, voor 31 Julie, na die MDB gestuur moet word by die volgende adres:
The Municipal Demarcation Board, Private Bag X 123, Centurion 0046, faks: 086 524 8643, e-mail:
fazel@demarcation.org.za, verwysing: DEM 4517