NewsNews

Moord; ‘My pa was ‘n held’

“Hy was ’n held en hy het ’n held gesterf.” So sê Karel van der Leeuw oor sy pa, mnr. Koos van der Leeuw (68), wat Dinsdagoggend tydens ’n rooftog by die slagpale in Potchefstroom in die kop geskiet is.

“Hy was ’n held en hy het ’n held gesterf.”
So sê Karel van der Leeuw oor sy pa, mnr. Koos van der Leeuw (68), wat Dinsdagoggend tydens ’n rooftog by die slagpale in Potchefstroom in die kop geskiet is. “Hy het twee mense se lewens gered toe hy uitgespring het om hulle te help,” het Karel gesê.

ER24 personeel op die toneel waar Oom Koos gestabiliseer word
ER24 personeel op die toneel waar Oom Koos gestabiliseer word

Mnr. Van der Leeuw was nie dadelik na die voorval dood nie. ER24 het hom per helikopter na Mediclinic Sandton geneem, waar hy later dieselfde dag breindood verklaar is. Die polisie ondersoek nou ’n saak van moord.
Volgens maj. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het vier verdagtes in ’n blou Subaru sonder nommerplate mnre. Van der Leeuw en Jaco de Villiers, seun van ’n sakevennoot van Van der Leeuw, genader nadat hulle ’n transaksie by die Potchefstroom slagpale afgehandel het.
Mnr. De Villiers is op die grond vasgedruk terwyl die verdagtes hom van kontant en sy selfoon beroof het.
Volgens Karel het sy pa uitgespring om mnr. De Villiers te help. Die verdagtes het vier skote gevuur, waarvan een sy pa in die kop getref het. Die verdagtes het toe van die toneel gevlug.
Mnr. De Villiers en mev. Van der Leeuw se vrou, Marietjie, is nie beseer nie. Die polisie vra dat enigiemand met inligting oor die moord ao. Bonita Dry by 082 411 2552 sal kontak.
Die familie bied ’n beloning van R10 000 aan vir inligting wat tot die inhegtenisname van die verdagtes kan lei. Mnr. Van der Leeuw, beter bekend as oom Koos, was ’n gesiene lid van die gemeenskap en bekende beesboer.

Die helikopter wat vir Oom Koos Sandton toe geneem het.
Die helikopter wat vir Oom Koos Sandton toe geneem het.

Kort nadat hy oorlede is, is baie boodskappe op Facebook geplaas.
Helene Prinsloo – Dit is so hartseer, oom Koos. Tannie Marietjie, kinders en familie, baie sterkte, ons dra julle op in ons Hemelse Vader se hand.
Charles Pretorius – Sterkte aan die familie. Karel en sy ouers was goeie vriende baie jare terug. Oom Koos was ’n goeie mens.
Marinda Botes – Wat ’n hartseerdag. So onnodig. Baie sterkte aan tannie Marietjie en die res van die familie.
Die DA se Juanita Terblanche het ook namens die DA hulle meegevoel met die familie betuig. “Mnr. Van der Leeuw was ‘n gesiene lid van die gemeenskap wat sy hele lewe spandeer het om ‘n aktiewe bydrae tot die land se ekonomie te lewer en werk te skep. Die ANC regering het die stryd teen misdaad verloor,” sê Terblanche. Tlokwe se burgemeester, mnr. Kgotso Khumalo, het ook sy meegevoel met die familie betuig.
“Een dood is een te veel. Van die stadsraad en die gemeenskap ons innige simpatie met die Van der Leeuw-gesin,” het Khumalo gesê. Hy het die polisie aangemoedig om so gou moontlik die verdagtes vas te trek.
*Mnr. Van der Leeuw se begrafnis is op 25 Augustus om 11:00 vanuit die NG Suiderkruis-gemeente in Potch.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button