SportSport

Buiteklub se rolbal-afdeling het groot toekomsplanne

Tydens die algemene jaarvergadering van die Buiteklub se rolbalklub, is die volgende lede tot die bestuur verkies: Jan Koekemoer (president), Douw Steenkamp (vise-president), Driekie Baird (sekretaresse), Marius Verster (penningmeester), Anjeliek Verster en Michael de Witt (wedstryd organiseerders) en addisionele lede; Coen van der Westhuizen, Dawid van Rensburg, Mof Oosthuizen en Viv Bosman.Daar is besluit dat …

Tydens die algemene jaarvergadering van die Buiteklub se rolbalklub, is die volgende lede tot die bestuur verkies: Jan Koekemoer (president), Douw Steenkamp (vise-president), Driekie Baird (sekretaresse), Marius Verster (penningmeester), Anjeliek Verster en Michael de Witt (wedstryd organiseerders) en addisionele lede; Coen van der Westhuizen, Dawid van Rensburg, Mof Oosthuizen en Viv Bosman.Daar is besluit dat die klub ‘n groot poging gaan aanwend om nuwe lede te werf. Klem moet gelê word op die feit dat die spel oop is vir alle ouderdomme en die ideale sport is, waar gesinne op gelyke voet kan meeding. Daar is ook reeds begin om die NWU se koshuise betrokke te kry en by die Patria manskoshuis is daar reeds gang-proewe gehou vir deelname teen ander gange en later teen ander koshuise. Die strewe om die sport na sy vorige gloriedae uit te brei, gaan in die volgende jaar die nommer een prioriteit wees by die Buiteklub. Net die Klerksdorp rolbalklub het meer lede as dié Buiteklub se rolbalklub.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button