NewsNews

Tweede kans vir vergete honde

Bones en Sunshine is beide honde wat ’n tweede kans op lewe nodig gehad het. Markus Pretorius het hulle dié tweede kans gebied toe hy van hulle in die Herald gelees toe by die DBV gaan aanneem het.

Bones en Sunshine is beide honde wat ’n tweede kans op lewe nodig gehad het.
Markus Pretorius het hulle dié tweede kans gebied toe hy van hulle in die Herald gelees toe by die DBV gaan aanneem het.
Bones is sowat drie maande gelede by sy vorige eienaar weggeneem. Hy was ver ondergewig en vasgeketting sodat hy nie by sy kosbakke kon uitkom nie. Hy het sedertdien by die DBV 18 kg gewig bygesit.
Sunshine is in die veld naby Mohadin opgetel waar sy aan erge brandsiek gely het. ’n Lid van die gemeenskap het die DBV in kennis gestel wat Sunshine behandel het.
Albei moet nog gesteriliseer word voor hulle na hul nuwe huis saam met Markus kan gaan. Sunshine moet ook eers heeltemal genees van die brandsiek.
“Diere sterk net beter aan as hulle by ’n familie kan is, eerder as wat hulle in die hokke is. Hulle kry genoeg kos en water in die hokke, maar hulle kort aandag en oefening”, het Darren Kruger, voorsitter van die DBV gesê.
Volgens Pretorius het hy die berig in verlede week se Herald gelees en besluit hy moet die twee diere help. Tot albei honde reg is om na hulle nuwe huis toe te gaan, kuier Pretorius vir hulle by die DBV. Hy bring vir Bones spesiale kos wat hy nodig het om sy toestand te verbeter.

Bones en sy nuwe eienaar Markus Pretorius
Bones en sy nuwe eienaar Markus Pretorius

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button