Die 21 jarige student, Lerato Phofoolo het vandag in die Potchefstroom landroshof skuldig gepleit op aanklagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer asook betreding.
Die klag kom nadat Phoofolo vir Hendri Van Dyk, ‘n mede-inwoner van die Over de Voor manskoshuis met ‘n skêr gesteek het, nadat Van Dyk vir hom gevra het om sy musiek sagter te sit.
Die landros, Pieter Jikkels het die voorval as skokkend beskryf. Nadat die erns van die klag teen Phoofolo in ag geneem is, die belang van die gemeenskap en Phoofolo se status as eerste oortreder. Het Jikkels hom gevonnis na 12 maande in die tronk en R1800 boete. Die vonnis is geheel vir 3 jaar opgeskort. Jikkels het in sy uitspraak vir Phoofolo gesê dat hy homself in die toekoms moet beheer. Phoofolo het geen kommentaar gehad op die vonnis nie. Hy staar nog ‘n dissiplinêre verhoor van die universiteit af in die gesig. Phoofolo is voorlopig geskors van die universiteit af hangende dié verhoor.



