WEN met Siener en Herald!
Staan 'n kans om dubbel kaartjies te wen om Siener in die Suburbs tydens Aardklop te gaan kyk...
Siener in die Suburbs deur PG du Plessis word volgende week tydens Aardklop weer opgetree. Die Herald het ‘n onderhoud met dié bekende skrywer gehad om meer uit te vind oor sy lewe en sy werke, – meer spesifiek Siener in die Suburbs. Siener in die Suburbs is al verskeie kere opgetree en die drama het in 1972 die Hertzog Prys ontvang. “Siener was een van my grootter suksesse,” sê PG du Plessis van dié werk wat al vir sowat 45 jaar geskiedenis maak in Afrikaanse literatuur… lees die volledige onderhoud met PG du Plessis in die komende week se Herald.
Staan ‘n kans om dubbel kaartjies te wen om Siener in die Suburbs tydens Aardklop te gaan kyk. Al wat jy hoef te doen is antwoord die volgende vraag:
Watter bekende 7de Laan akteur speel vanjaar in Siener in die Suburbs?
Stuur jou antwoord na Marianke.Saayman@media24.com (die e-pos moet jou naam, van en selfoonnommer insluit).
Die kompetisie sluit Maandag 5 Oktober om 11:00.



