NewsNewsKids

Geliefde vlieënier sterf in sweef-tuigongeluk

Mnr. William Scott (58), bekende inwoner en bekende in vliegkringe, is Sondag omstreeks 16:15 in ’n sweeftuigongeluk dood. Volgens ER24 het die ongeluk ongeveer drie kilometer vanaf Potchefstroom, naby aan die Eleazer-pad, gebeur. Mnr. Scott se lyk is tussen die wrakstukke gevind. Volgens ER24 het hy noodlottige beserings opgedoen in die ongeluk en is hy …

Mnr. William Scott (58), bekende inwoner en bekende in vliegkringe, is Sondag omstreeks 16:15 in ’n sweeftuigongeluk dood.
Volgens ER24 het die ongeluk ongeveer drie kilometer vanaf Potchefstroom, naby aan die Eleazer-pad, gebeur. Mnr. Scott se lyk is tussen die wrakstukke gevind. Volgens ER24 het hy noodlottige beserings opgedoen in die ongeluk en is hy op die toneel deur hulle dood verklaar. Volgens Kabelo Ledwaba van die Suid-Afrikaanse Burgerlike Lugvaartowerheid, het die departement van vervoer die ondersoek oorgeneem.

Die ongelukstoneel waarin mnr. Scott gesterf het. Foto: ER24
Die ongelukstoneel waarin mnr. Scott gesterf het. Foto: ER24

Voorsitter van die AKAVLIEG Potchefstroom sweeftuigklub, Johan Badenhorst het deur middel van ’n persverklaring sy meegevoel gedeel. “Ons innige meegevoel gaan uit na sy vrou van 29 jaar Elmien, sy seun Grant en almal wat hom geken het,” lui Badenhorst se verklaring. Volgens die verklaring word Scott, wat al vir nege jaar lid van die klub is, beskryf as een van die mees geliefde mede-vlieëniers.
“William was baie bekend in die sweeftuig gemeenskap, almal wat met hom te doen gehad het, het van hom gehou,” lui Badenhorst se verklaring. Scott het ten tyde van die ongeluk reeds 250 ure se vliegtyd voltooi. Volgens Badenhorst was Scott op pad terug van ’n plesiervlug na Orkney.
“Hy was 1.4 km van die vliegveld, besig om reg te maak vir landing, toe die ongeluk gebeur,” het Badenhorst gesê.
Volgens hom is hierdie die eerste ongeluk sedert die klub in 1999 gestig is. Dit is juis hieroor dat dit ’n baie emosionele uitwerking gehad het op baie van die lede van die klub.
“Hierdie was die eerste ongeluk in ongeveer 16 000 vlugte by die klub. Ons sal leer uit hierdie ongeluk en altyd ons vriend en mede-vlieënier onthou vir die ongelooflike mens wat hy was,” het Badenhorst gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button