
Die saak teen drie werkers van die Ventersdorp munisipaliteit is uitgestel tot 15 Oktober vir die werkers om aansoek te doen vir borg.
Beatrice Mosepele, (49) Siphiwe Jankies, (36) and Ester Sekgwe(39) het vandag in die hof verskyn op aanklag van brandstigting. Daar word vermoed dat dié werkers saamgespan het om op 11 September die brand by die munisipale gebou te stig. Die brand was na vermoede deel van protesaksie teen die samesmelting van die Tlokwe en Ventersdorp munisipaliteit
Volgens Kapt. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, is die verdagtes op 8 October inhegtenis geneem deur die provinsiale openbare geweld taakspan. Dié taakspan is gestig om openbare geweld teen te stry in die provinsie. Die ondersoek duur voort.



