
Die Mafikeng Kampus van die NWU gaan gesluit bly tot 15 November, dit nadat die bestuur van die kampus die besluit ook met die Institusionele studente raad bespreek het.
Volgens ‘n verklaring van Louis Jacobs, woordvoerder van die Institusionele Kantoor, het Studente sedert 21 Oktober die kampus oorgeneem.
“Studente word steeds aangemoedig om die kampus te verlaat, enige studente wat aanbly op kampus doen so op eie risiko” het Jacobs in ‘n verklaring gesê.
Volgens die verklaring is die besluit om die kampus te sluit in die beste belang van die studente.
In ‘n vorige verklaring het Jacobs gesê dat die kampus vanaf 2 November sal oop wees vir die begin van eksamens. Die eksamens sal egter nou eers 16 November begin en aangaan tot 8 Desember. Tweede geleenthede sal van 11-22 Januarie 2016 geskied.
“Eksamens op die Potchefstroom en Vaal kampusse gaan aan op 2 November,” het Jacobs gesê.




