NewsNews

Verdagte vas na jaagtog op N12

Lede van Mooirivier Beskerming en die polisie het Vrydag ’n verdagte inbreker in hegtenis geneem na ’n jaagtog op die N12 waartydens die voertuig waarin hy gery het, omgeslaan en gerol het.

Lede van Mooirivier Beskerming en die polisie het Vrydag ’n verdagte inbreker in hegtenis geneem na ’n jaagtog op die N12 waartydens die voertuig waarin hy gery het, omgeslaan en gerol het.
Die Mooirivier reaksievoertuig het egter ook in die proses omgeslaan en gerol.
Een van die verdagtes en ‘n reaksiebeampte is beseer, maar die reaksiebeampte was steeds in staat om die verdagte in hegtenis te neem.
Volgens kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het drie ander verdagtes die bosse in gevlug na die voertuig gerol het.
Mooirivier Beskerming het Vrydag tussen 10:00 en 11:00 ’n alarm ontvang van ’n huis in Leliestraat in Grimbeekpark. Die reaksiebeamptes het reageer, waarna hulle die verdagtes se minibus gesien het. Die bestuurder van die minibus het een van die reaksievoertuie uit die pad gestamp en weggejaag.

Die eerste voertuig wat deur die vlugtende verdagtes gestamp is. Foto: Verskaf
Die eerste voertuig wat deur die vlugtende verdagtes gestamp is. Foto: Verskaf

’n Ander reaksievoertuig het die minibus gejaag tot op die N12 na Johannesburg.
Volgens Mokgwabone het die polisie by die jaagtog aangesluit. Die bestuurder van die minibus het egter beheer verloor toe hy die voertuig van Mooirivier Beskerming van die pad af wou druk. Die minibus het omgeslaan en gerol.
“Goedere wat tydens die inbraak gesteel is, is in die verdagtes se voertuig gevind. Die polisie vermoed dat hulle ook met ander inbrake in die gebied verbind kan word,” het Mokgwabone gesê. Die beseerde beampte wat die verdagte in hegtenis geneem het, is reeds uit die hospitaal ontslaan. Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is albei voertuie erg beskadig. “Ons het reeds die beskadigde voertuie vervang met die ekstra voertuie wat ons tot ons beskikking het,” sê hy. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die verdagte wat in hegtenis geneem is, Nkosinathi Tyobeka (34), Dinsdag op ‘n klag van huisbraak in die hof verskyn. Lt.-genl. Baile Motswenyane, Noordwes provinsiale kommissaris, het die lede van die polisie en dié van Mooirivier Beskerming geprys wat gehelp het om die verdagte in hegtenis te neem. “Die polisie sal optree teen enige persoon wat die wet oortree,” het Motswenyane gewaarsku.

Die minibus nadat dit gerol het. ‘n Verdagte is op die toneel in hegtenis geneem.
Die minibus nadat dit gerol het. ‘n Verdagte is op die toneel in hegtenis geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button