CommunityLocal newsNewsNews

Inwoner maak self gate reg

“Van paaie self herstel, water aanry na droogtegeteisterde gebiede en voer verskaf aan plase, kan ons hierdie land self begin bestuur.” Dit is een van die kommentare wat op Tommie de Beer se Facebook-profiel geplaas is toe hy Woensdag, 25 Mei van Dirkie Venter en sy werkers vertel het wat self slaggate in MC Roodeweg …

“Van paaie self herstel, water aanry na droogtegeteisterde gebiede en voer verskaf aan plase, kan ons hierdie land self begin bestuur.”
Dit is een van die kommentare wat op Tommie de Beer se Facebook-profiel geplaas is toe hy Woensdag, 25 Mei van Dirkie Venter en sy werkers vertel het wat self slaggate in MC Roodeweg regmaak.

Gewone mense maak buitengewone verskil. Dirkie Venter, Ben en Marthenus Jansen van Rensburg maak slaggate in MC Roodeweg reg.  Foto: Tommie de Beer
Gewone mense maak buitengewone verskil. Dirkie Venter, Ben en Marthenus Jansen van Rensburg maak slaggate in MC Roodeweg reg. Foto: Tommie de Beer

Dirkie en sy span het meer as 40 slaggate oor ’n afstand van 50 meter reggemaak.
Hy sê die pad was so sleg dat mens naderhand nie meer daar kon ry nie. Dis toe dat hulle besluit het om dit reg te maak.
Vir die afgelope drie jaar maak Dirkie en sy span van twee reeds slaggate reg. Volgens hom gebruik hulle ou teer wat hulle langs die pad opgetel het.
Hy sê hy wil nie met die probleem na die munisipaliteit toe gaan nie, hy doen dit self.
“Ons ry self op dié paaie en dit pla my om soveel slaggate te probeer ontduik. Die gate raak net groter en groter en dit beskadig ons karre.”
Hy sê hy het nog nie raas gekry by die munisipaliteit nie en gaan maar aan met die job.
“Ek doen dit nie vir geld nie, en ek vra hulle ook nie vir geld nie, so ek sien nie hoekom hulle ‘n probleem sal hê nie.”
Dirkie sê vir solank as wat daar slaggate is, gaan hy aan met sy projek. Hy sê dit gaan nie hier ophou nie, hy wil graag ander groot projekte aanpak soos byvoorbeeld om strate skoon te maak.
“Alles wat ons doen is om ons dorp skoner te kry,” sê Dirkie.
Hy sy dankie vir Selmarie Grobler van The Roots vir haar skenking. Met haar skenking sal hulle ‘n beter werk kan doen.
“Ek moes ’n makliker manier vind om die ou teer weer bruikbaar te kry. Aan die begin het ons die teer net so in die gate gegooi en ‘n blou lamp gebruik om dit warm te maak. Dit het nie gewerk nie.
“Omdat dit nie nuwe teer is nie raak dit nogal ‘n proses om dit sag te maak. Terwyl my span die slaggate skoonmaak, maak ek solank die teer sag,” sê hy.

Dirkie Venter
Dirkie Venter.

Hy sê dit neem hom 10 – 15 minute.
Een van sy span, Marthenus Jansen van Rensburg, sê dit voel goed om ‘n verskil te maak. Dirkie sluit af deur te sê die reaksie op Facebook was verbasend maar hy is bly dat mense so positief daaroor voel. Fanus Hansen skryf op sy Facebook-blad: “Toe die Vrystaatse dorpies nie water het nie, ry doodgewone landsburgers water aan. Toe daar nie weiding en kos vir die diere is nie, skenk boere oor die land voer en ander skenk trokke.
As hulle vanaand by my inbreek, bel ek eerder vir Mooirivier Beskerming.
“Vandag sien ek hoe gewone inwoners slaggate herstel, dis nou buiten die grootse poging deur Solidariteit. Ons versorg self ons sypaadjies, neem parke aan en hou dit in stand. Vir hoe lank gaan mens nog enigsins ‘n plaaslike regering, ‘n streeksregering en/of ‘n sentrale regering nodig hê? “ Hier is genoeg mense met vaardighede, die motivering en die lus om dit sommer te laat gebeur.”
En hy vra wanneer mag die doodgewone mense wat die munisipaliteit se werk doen begin afslag eis op belasting en/of erfbelasting?
*Na aanleiding van die positiewe terugvoer op Dirkie Venter en sy helpers se hestel van slaggate in Potchefstroom, het E-tv hulle E-News span gestuur om te berig oor hulle goeie werk

Dirkie en Marthenus
Dirkie en Marthenus.
Dirkie Venter en sy helper, Marthenus Jansen van Rensburg het Dinsdagmiddag slaggate in Ross-straat reggemaak.
Dirkie Venter en sy helper, Marthenus Jansen van Rensburg het Dinsdagmiddag slaggate in Ross-straat reggemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button