
Die Potch Bulldogs motorfietsklub gaan weer op 25 Junie by die Trimpark hulle jaarlikse “Charity Run” aanbied.
Geld word ingesamel vir die Abraham Kriel Kinderhuis. Motorfietsryers van so ver as Pretoria woon dit ook by. ’n Groep kinders van die kinderhuis sal ook die dag saam met die motorfietsryers kom geniet.
Enigeen is welkom, maar veral as jy ’n sagte plek het vir ysterperde, is daar geen ander manier hoe jy jou Saterdag anders kan deurbring nie.
Toegang is R70 en jy staan ’n kans om ’n bromponie te wen.
Enige skenkings in die vorm van komberse, toiletware, klere, skryfbehoeftes of kontant op die dag is welkom.
Alle skenkings gaan na die Abraham Kriel kinderhuis, Ons Hulde ouetehuis asook Mzwabantu Child Care, ‘n kinderhuis in Ikageng.



