NewsNews

NWU rol moue op vir dowes

Die meeste van ons is normaal. Ons kan hoor, sien, stap en voel. Dit is so vanselfsprekend, dat mens nie eers daaraan dink om anders te wees nie – tot jy met iemand te doen kry wat nie so gelukkig is nie. Iemand soos ‘n dowe persoon.

Die meeste van ons is normaal. Ons kan hoor, sien, stap en voel. Dit is so vanselfsprekend, dat mens nie eers daaraan dink om anders te wees nie – tot jy met iemand te doen kry wat nie so gelukkig is nie. Iemand soos ‘n dowe persoon.
Iemand wat heeldag, elke dag, in nét sy eie denke vasgevang is. Sommige het as gevolg van ‘n siektetoestand of ongeluk doof geword, ander, doof gebore – dalk ‘n seën vir laasgenoemde sê party… Nee, want mens kan mens self nie eers verbeel hoe dit moet wees om nie ‘n enkele geluid te kan hoor nie.
Patric Otemba is ‘n 15-jarige dowe seun van Uganda wat nooit van tevore die geleentheid gehad het om op ‘n unieke, spesiale manier te leer om te kommunikeer nie. Gebaretaalopleiding was iets waarvan baie in Patrick se gemeenskap nog nie eens gehoor het nie.

Die Noordwes-Universiteit het moue opgerol om saam met die Ontwikkeling Instituut vir Dowes en Blindes ‘n daadwerklike verskil in mense soos Patrick se lewe te kan maak. Meer as vier miljoen mense in Suid-Afrika is doof of hardhorend. ‘n Stille massa… “Ons wil die geleentheid skep om effektiewe kommunikasie in die vorm van gebaretaal aan te leer. Dit is ons verantwoordelikheid om die grense van dowes se geslote wêreld te verskuif,” sê prof Wannie Carstens, Direkteur van die Skool vir Tale op die Noordwes-Universiteit.
‘n Kongres word op Vrydag 24 Junie en Saterdag 25 Junie op die NWU se Potchefstroomkampus gehou om ‘n akademiese omdraai-strategie vir dowes te identifiseer en implementeer. Verskeie rolspelers sal teenwoordig wees om onder andere ervaringe te deel, behoeftes in veral die tersiêre sektor te identifiseer, uit te vind hoe die departement van onderwys te werk kan gaan om meer geleenthede aan dowes te bied en hoe ‘n nuwe voorgestelde akademiese model vir dowes sal lyk.
“Dowe persone word beskou as die mees benadeelde van alle gestremdheidsgroepe. Hulle het dieselfde potensiaal as “normale” horende mense, maar in Suid-Afrika was hulle nog altyd binne die onderwysstelsel en samelewing gemarginaliseer. Ons wil hier ‘n verskil maak,” sê Carstens.
Verdere en hoër onderwysinstellings, soos TVET kolleges en universiteite is ontwerp vir normale horende studente en as gevolg daarvan, is hierdie instellings nie toeganklik vir dowe studente nie. Dowe studente het ‘n omgewing van gebaretaal as medium van onderrig nodig. Daar is minder as 30 dowe gegradueerdes in Suid-Afrika en geen dowe maatskaplike werkers of dowe sielkundiges nie, omdat universiteite nie toeganklik vir dowes is nie, maar ook omdat Gebaretaal nie ‘n goedgekeurde vak vir universiteitstoelating is nie. Dit het gelei tot ‘n scenario waar dowe leerders net een taal in graad 12 kon slaag, wat lei tot ‘n geëndosseerde graad 12 sertifikaat, sonder universiteitsvrystelling.
Om ‘n bydrae tot ‘n werkbare akademiese omkeerstrategie vir dowes in Suid-Afrika te kan bewerkstellig, kan meer besonderhede oor die kongres by Wannie Carstens verkry word. Kontak hom by wannie.carstens@nwu.ac.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button