NewsNews

Drie dood op Viljoenskroonpad

Vier mense is dood op die Viljoenskroonpad ongeveer 7km buite Potchefstroom na 'n kop-aan-kop botsing.

Drie mense is dood op die Viljoenskroonpad ongeveer 7km buite Potchefstroom na ‘n kop-aan-kop botsing.

Saterdagmiddag (25 Junie) omstreeks 16:00 het twee bakkies met mekaar gebots. Die een bakkie het begin rol waarna die twee mense wat agter op was afgeval het. ‘n Ander insittende van die een voertuig is ook oorlede.  ER24 het die drie mense dood op die toneel verklaar.  Beide bestuurders is in ‘n kritieke toestand hospitaal toe vervoer.

viljoenskroonpad ongeluk vier dood

Een van die pasiënte, ‘n 40 jarige man moes per helikopter na ‘n hospitaal in Johannesburg vervoer is. Die bestuurder van die ander bakkie  het in die voertuig vasgesit, Tlokwe brandweer moes die vrou uit die voertuig uitsny voordat sy per ambulans na Potchefstroom hospitaal vervoer is.

ER24, Tlokwe brandweer, Tlokwe verkeer, Provinsiale ambulansdienste asook die polisie het die toneel hanteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button