Potchefstroom Gimnasium se netbaldogters het ook uitstekend tydens die Noordweskampioenskappe gevaar. Die eerstespan eindig derde en verower die bronsmedalje, terwyl die o.17A en o.16A spanne goud gewen en dus die beste in die provinsie is. Die o.17A span het Volkskool 15-3 in die finaal geklop, terwyl die o.16A span dieselfde roete gevolg het met ‘n …
Gimmies se o.17 A-span is Noordweswenners: Agter is: Mariaan de Bruyn, Annemi de Wet, Elani van der Merwe,Paula Maré en Leonie Maree, Marike Nel en Jana Steinman. Voor is Rizane van Rooyen, Me. Marianne Ray (afrigter) en Funeka Wanyane.
Potchefstroom Gimnasium se netbaldogters het ook uitstekend tydens die Noordweskampioenskappe gevaar.
Die eerstespan eindig derde en verower die bronsmedalje, terwyl die o.17A en o.16A spanne goud gewen en dus die beste in die provinsie is.
Die o.17A span het Volkskool 15-3 in die finaal geklop, terwyl die o.16A span dieselfde roete gevolg het met ‘n 16-11 oorwinning ook teen Volkies.
Gimmies se o.14A span is NW-naaswenners.
Al vier bovermelde Gimnasiumspanne kwalifiseer en gaan aan die SA Skole-kampioenskappe deelneem wat na die skoolvakansie plaasvind.
Gimmies is die enigste Hoërskool in Noordwes wat in dié stadium met die meeste spanne spog wat aan die SA Skole-kampioenskappe gaan deelneem.
Gimmies se o.14-A span is Noordwes naaswenners.
Gimmies se o.16 A-span is NW-wenners. Agter: Moritza van Deventer, Lené Prinsloo, Mila Henning, Anushca Greeff, Jonette Labuschagne, Estelle van Tonder en Rona van Wyk: Hulpafrigter. Voor: Sonia Stroebel, Nadine Naude, Lia Wissing en Dané Holzhausen. Afwesig: Afrigter Leonie Stander
Gimmies se o.17 A-span is Noordweswenners: Agter is: Mariaan de Bruyn, Annemi de Wet, Elani van der Merwe,Paula Maré en Leonie Maree, Marike Nel en Jana Steinman. Voor is Rizane van Rooyen, Me. Marianne Ray (afrigter) en Funeka Wanyane.
Gimmies se eerstespan het die bronsmedalje verower. Agter van linksis: Annél Kriek, Chané Steyn, Ilne Prinsloo, Nikki Nel, Carla Kock en Hilde Myburgh (afrigter) Voor is Christina Eloff, Joné Kruger en Marné Germishuis.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.