NewsNews

Man dood na ongeluk op N12

Een man is dood en twee vroue is vanmiddag (29 June) omstreeks 13:00 in 'n ongeluk op die N12 beseer.

Een man is dood en twee vroue is vanmiddag (29 June) omstreeks 13:00  in ‘n ongeluk op die N12 beseer.

Die ongeluk het op die N12 Johannesburg rigting plaasgevind omtrent 15km van Potchefstroom. Volgens ‘n verklaring van ER24 het die bakkie verskeie kere gerol.  ER24 paramedici het op die toneel gekom waar hulle die bakkie in die veld aangetref het.
By nadere ondersoek het paramedici bevind dat die man vasgevang is in die voertuig. Hy het ongelukkig reeds beswyk aan sy beserings. Paramedici kon niks verder vir hom doen nie. Hy is dood op die toneel verklaar.
Twee vroue is  buite die voertuig gevind, hulle is glo deur omstanders uit die voertuig getrek.
Beide vroue is deur paramedeci behandel vir matige beserings  waarna albei na Potchefstroom hospitaal en Mediclinic Potchefstroom geneem is vir verdere behandeling.
Die polisie, verkeer, Provinsiale nooddienste, die brandweer asook IMR ambulansdienste was op die toneel.

Soortgelyke Stories

Ses vroue beseer in kop-aan-kop botsing

Man uit voertuig gesny

Twee kinders dood in ongeluk

Related Articles

 
Back to top button