SportSport

Luiperds se spanne vir Cravenweek gekies

Die Luiperds het onlangs vier spanne vir verskeie rugbyweke in die skoolvakansie aangekondig wat die provinsie se naam sal trots hou en ‘n goeie aanduider van die talent in Noordwes wees. Die Luiperds gaan in die o.16 Coca-Cola Grant Khomo-week, Coca-Cola Akademieweek, Coca-Cola Cravenweek en NWU Puk-week verteenwoordig word. Altesaam is daar 20 spelers uit …

Die Luiperds het onlangs vier spanne vir verskeie rugbyweke in die skoolvakansie aangekondig wat die provinsie se naam sal trots hou en ‘n goeie aanduider van die talent in Noordwes wees. Die Luiperds gaan in die o.16 Coca-Cola Grant Khomo-week, Coca-Cola Akademieweek, Coca-Cola Cravenweek en NWU Puk-week verteenwoordig word.

Altesaam is daar 20 spelers uit Potchefstroom wat deel van dié weke gaan wees. Ses spelers maak deel van die Grant Khomo-span, vyf is in die Akademieweek-span, slegs twee in die Cravenweekspan en sewe in die NWU Puk Uitnodigingsspan.

Spelers uit Potchefstefstroom wat die Luiperds se Cravenweekspan haal is Potchefstroom Boys High se kaptein en senter, Joaquim de Jenga en Potch Gimmies se GJ Janse van Rensburg.

Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom en HTS Potchefstroom is die ander skole wat spelers vir die weke oplewer.

Datums:

4-8 Julie: o.16 Coca-Cola Grant Khomo Week by Paarl Gimnasium in Paarl.

11-16 Julie: Coca-Cola Akademieweek – Kearsney College in Durban.

11-16 Julie: o.18 Coca-Cola Cravenweek – Kearsney College in Durban.

Joaquim de Jenga.
Joaquim de Jenga.
Hnery Campher van Volkies is in die NWU Pukke-week se Luiperdsspan opgeneem.
Henry Campher van Volkies is in die NWU Pukke-week se Luiperdsspan opgeneem.

 

 

Hier is die volledige spanne:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button