SportSport

Silwer sukses vir Sunette in Rio!

Na jare van so amper, maar tog so ver het die Potchefstroomse spiesheldin, Sunette Viljoen, uiteindelik ‘n Olimpiese medalje verower met haar silwer in die vroue spiesgooi-item by die 2016 Olimpiese Spele in Rio. Die 32-jarige Viljoen het ‘n briljante gooi van 64.92 gegooi om in tweede plek te eindig en Suid-Afrika se negende medalje …

Na jare van so amper, maar tog so ver het die Potchefstroomse spiesheldin, Sunette Viljoen, uiteindelik ‘n Olimpiese medalje verower met haar silwer in die vroue spiesgooi-item by die 2016 Olimpiese Spele in Rio.

Die 32-jarige Viljoen het ‘n briljante gooi van 64.92 gegooi om in tweede plek te eindig en Suid-Afrika se negende medalje van vanjaar se Spele te wen.

Kroasië se Sara Kolak het goud gevat met 66.18 en Barbora Spotakova van die Tsjeggiese Republiek die bronsmedalje met 64.8.

Viljoen is now ook die eerste vrou van Afrika wat ‘n medalje in hierdie item verower.

“Ek was so naby aan goud, maar ek kan nie vir meer vra na hierdie silwermedalje nie,” het sy in ‘n TV onderhoud na haar item gesê.

Lees meer hieroor in komende week se Potchefstroom Herald. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button