
‘n 34-jarige vrou is ernstig beseer, laat gistermiddag na vier voertuie op die Meyersstraat brug met mekaar gebots het.
ER24 paramedici het op die toneel aangekom waar al vier die voertuie in die middel van die pad gevind is. Verskeie bestuurders en passasiers het op die toneel rondgestaan.
Met verdere ondersoek het paramedici ‘n vrou gesien wat in een van die voertuie vasgevang was. Die vrou was in ʼn ernstige toestand en moes uit die voertuig gesny word. Reddingsdienste op die toneel het die binne minute vrou uit die voertuig bevry.
Sodra sy bevry was, het paramedici haar behandel voor sy na Mediclinic Potchefstroom toe vervoer is vir dringende behandeling.
Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie.



