ʼn Ma en drie kinders was in ʼn voertuig wat op sy dak beland het nadat dit met ʼn ander voertuig op die hoek van Walter Sisulu en Smit-straat gebots het.

Die ongeluk het gistermiddag (5 September) omstreeks 16:45 gebeur. ER24 en IMR ambulansdienste was op die toneel om die mense te behandel. Na paramedici die pasiënte ondersoek het, is daar bevind dat hulle nie ernstige beserings opgedoen het nie. Die kinders en hulle ma is na Medi-clinic Potchefstroom geneem vir verdere behandeling. Die vrou in die ander voertuig is vir skok behandel. Die polisie was op die toneel om verder ondersoek in te stel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



