SportSport

Bergfietskampioen wil nou oorsee sy merk maak

Potchefstroom se bergfietsrytalent is uit die boonste rakke en Ryan Conradie (16) van Potchefstroom Gimnasium is een van die top uitblinkers met die titels van Afrika Kampioen, SA XCO Kampioen, asook die van NW skole Kampioen, KZN Provinsiale XCO Kampioen en Gauteng XCO Kampioen agter sy naam vanjaar. Conradie het ‘n indrukwekkende CV wat 77 …

Potchefstroom se bergfietsrytalent is uit die boonste rakke en Ryan Conradie (16) van Potchefstroom Gimnasium is een van die top uitblinkers met die titels van Afrika Kampioen, SA XCO Kampioen, asook die van NW skole Kampioen, KZN Provinsiale XCO Kampioen en Gauteng XCO Kampioen agter sy naam vanjaar.

Conradie het ‘n indrukwekkende CV wat 77 medaljes oor die tydperk van vier jaar se fietsry insluit waar hy al van die begin af seker maak dat hy eerste oor die wenstreep is. Sy medaljes vertel ook hulle eie unieke storie.

“2013 was my eerste jaar waar alles begin het terwyl 2014 se medaljes ‘n baie goeie jaar uitbeeld met al die goue medaljes. 2015 was effens moeiliker, soos jy kan sien is daar ‘n paar silwer medaljes en 2016 is beslis die beste jaar sover.”

Ryan kom uit ‘n sterk fietsrygesin en was van jongs af betrokke by die sport, maar het werklik sy eerste trap na bergfietsry sukses in die laerskool geneem.

IMG_0253 (Large) IMG_0249 (Large)

“Ek het my eerste wedren in Parys in graad 7 gewen, nadat ek van die wedren by my maats op skool gehoor het. Ek het my pa gevra om my nog in te skryf. Ek begin toe baie van fietsry hou en jaar na jaar het ek beter en beter gedoen. Toe weet ek hierdie is my sport,” vertel Ryan, wat Peter Sagan as sy fietsryheld beskou.

2016 is sover ‘n uitstekende jaar vir Conradie wat tans die geel trui as voorloper in die Noordwes Spur Bergfietsreeks se jeug-afdeling dra.

“Ek probeer altyd goed fokus voor ‘n wedren. Dit is ‘n groot kopding, maar voorbereiding op die fiets is ook belangrik. Dit is ‘n kombinasie van intervalle, lang afstande en genoeg rus voor ‘n belangrike wedren,” sê Ryan wat ‘n aand voor sy wedrenne graag na ander bergfietswedrenne kyk om hom gemotiveerd te hou.

Ryan Conradie
Ryan Conradie

“Ek weet as my bene brand, dan brand my opponent se bene ook. Dit motiveer my om nie op te gee nie,” sê Ryan, wat deur Leon Prinsloo afgerig word. My pa (André) gee my leiding omdat hy my so goed ken en weet wat werk en nie werk vir my nie.

In die toekoms wil Ryan in Europa aan die Switserse Bekerreeks deelneem om homself teen internasionale standaarde te meet. As dit goed gaan wil hy graag aan die 2017 Wêreldbeker deelneem in Australië en daarna poog om die 2018 Statebondspelespan te haal. Sy grootste droom is egter om Suid-Afrika te verteenwoordig in die 2020 of 2024 Olimpiese Spele.

“Ons neem dit stap vir stap en fokus eers op die plaaslike SA Cup-reeks en dan die Swiss-Cup reeks. Volgende jaar mag moeiliker wees, aangesien hy dan in die junior mans-kategorie gaan. Die plan is om volgende jaar in Europa deel te neem om sodoende genoeg kwalifiserende punte te kan opbou om wêreldkampioenskappe toe kan gaan,” vertel sy pa.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button