NewsNews

Stank nie Volkies se skuld

‘n Slegte reuk wat die afgelope paar weke meer as een keer aan die Herald gerapporteer is, is nie Volkies se skuld nie.

‘n Slegte reuk wat die afgelope paar weke meer as een keer aan die Herald gerapporteer is, is nie Volkies se skuld nie.
Die Herald het onlangs SMS’e ontvang van inwoners wat kla oor ‘n slegte reuk wat in die lug hang wanneer hulle in Chris Hani-rylaan verby Volkies ry. Volgens een leser ruik dit soos riool en ‘n ander sê dit kom van die dam by Volkies waarin die kanaalwater loop. Die Herald het ondersoek ingestel om uit te vind of dit wel iets in die leiwaterkanaal is waarvandaan die reuk kom, maar die Departement van Waterwese het ons verseker dat dié water skoon en van die beste gehalte is. Die dam by Volkies waarin die kanaalwater loop, is ook onlangs skoongemaak en volgens Volkies se terreinbestuurder, mnr. Maans Bester, is die water so skoon dat hy nie sal huiwer om daarvan te drink nie.
Die Herald het saam met mnr. Bester gery om te probeer vasstel presies waar die reuk vandaan kom. Daar is toe vasgestel dat die reuk vanuit vanaf ‘n stormwatersloot kom wat parallel met die kanaal loop. Die presiese beginpunt van die sloot kon nie vasgestel word nie, omdat dit op ’n sekere plek onder die oppervlak gaan.

Die stormwaterkanaal wat die oorsprong van die stank is.
Die stormwaterkanaal wat die oorsprong van die stank is.

Die water wat in die sloot afloop is dik en swart en daar is duidelike tekens van riool en ander afval. Mnr. Gerhard Swart, hoof van Volkies, sê dat hulle al talle oproepe ontvang het oor mense wat hulle blameer vir die stank en dat hy elke keer moet verduidelik dat dit nie Volkies se skuld is nie.
* Herald het die Tlokwe Munisipaliteit om kommentaar genader, maar niks is teen druktyd ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button