NewsNews

Aardklop-gogga byt

Potchefstroom Herald het in ons uitgawe van 25 September 1998 berig oor die heel eerste Aardklop wat oor ‘n paar dae sou afskop.

Potchefstroom Herald het in ons uitgawe van 25 September 1998 berig oor die heel eerste Aardklop wat oor ‘n paar dae sou afskop.
Die stad was opgewonde en kon nie wag vir die sowat 30 000 feesgangers om Potchefstroom in te stroom en die eerste Aardklop Nasionale Kunstefees met al sy produksies en stalletjies by te woon nie.
Vandag is daar weer ‘n nuwe opwinding onder Potchefstromers.

alexa en annemari
Alexa Strachan, feesbestuurder, en Anne-Mari Raath is baie opgewonde oor Aardklop wat Dinsdag begin. Foto: Marianke Saayman

Volgende week skop Aardklop weer af, maar anders as die vorige paar jare, is dit terug op die Bult waar dit 18 jaar gelede begin het, en gaan hy weer toeganklik wees vir elke Potchefstromer.
Giep van Zyl was die eerste feesbestuurder van Aardklop en het destyds nog gesê dat feesgangers maar soos by ander feeste op die sypaadjies moet parkeer. ‘n Mens moet boonop nou akkreditasie kry om op die Bult te mag parkeer.
Vandag is Alexa Strachan die trotse feesbestuurder van Aardklop 2016. Sy en die Aardklop-span van dié jaar poog om Aardklop te laat terugkeer na die fees waarop Potchefstromers jare terug verlief geraak het, en Potchefstroom glo vas dit gaan gebeur.
Aardklop skop Dinsdag 4 Oktober af en duur tot Sondag 9 Oktober, maar die bekende Kunssafari vind al op Maandag, 3 Oktober plaas.
Daar is talle produksies en vertonings om van te kies en keur. Kaartjies kan gekoop word by Computicket.
“Kom knapies en skapies, daar is nog net ‘n paar dae oor voor Aardklop!” sê Strachan.

 

 

 

 

 

Lees nog Aardklop artikels

VIDEO: Nog net 5 dae voor Aardklop

10 Dinge wat elke Potchefstromer moet weet oor vanjaar se Aardklop Kunstefees

6 tipes mense wat jy by Aardklop gaan sien

Aardklop sien af van ekstra fooi op stalletjiepryse

Dié mens agter Aardklop

 

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button