
‘n Bakkie het Saterdagoggend (22 Oktober) omstreeks 02:30 met ‘n ander kar gebots waarna dit gerol het.
Die ongeluk het op die hoek van Thabo Mbeki en Borcherdstraat plaasgevind. Paramedici van ER24 het op die toneel gekom waar hulle die voertuie in die pad gevind het. Die bestuurder van die ander voertuig moes uit die voertuig gesny word.
Een man is ernstig beseer en saam met ‘n ander pasiënt per ambulans na Potchefstroom Mediclinic geneem vir verdere behandeling.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar die polisie was op die toneel vir verdere ondersoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




