NewsNews

Sal jy jou hond laat tatoeëer?

ʼn Brasiliaanse tatoeëerkunstenaar Emerson Damasceno het sy wit Bullterrier se gesig, neus en in die binneste hoeke van sy ore getatoeëer

ʼn Brasiliaanse tatoeëerkunstenaar Emerson Damasceno het sy wit Bullterrier se gesig, neus en in die binneste hoeke van sy ore getatoeëer. Damasceno het ʼn foto van die hond op Facebook geplaas. Binne minute het diereliefhebbers woedend reageer oor die hond se tatoeëermerke.  ʼn Skeepsanker, ʼn vuisyster en ʼn diamant is op die honde se neusbrug getatoeëer. Sterre by die oë en die embleem van die Los Angeles Dodgers-bofbalspan in die hond se ore. Damasceno het intussen die fotos wat hy geplaas het van die hond verwyder en sy naam op sosiale netwerke ook verander. Volgens Damasceno het hy die hond getatoeëer om die sensitiewe dele van die hond teen die son se ultravioletstrale te beskerm en kanker te vermy. Verskeie veeartse het aan die Brasiliaanse media gesê dat tatoeëermerke sal nie die hond teen die son beskerm nie. Damasceno en sy vriendin beweer dat ʼn veearts het die hond by ʼn veeartsskool in Pocos de Caldas ondersoek. Die skool sê hulle keur nie die tatoeëermerke goed nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button