
‘n Jong vrou was gelukkig om nie ernstig beseer te wees nadat sy beheer verloor het van haar voertuig en dit gerol het.
Die ongeluk het op die N12 Johannesburgpad omstreeks 11:00 plaasgevind. Die vrou het slegs klein beserings opgedoen toe nooddienste by haar gekom het. Sy is deur IMR ambulansdienste na Potchefstroom Medi-Clinic geneem vir verdere behandeling.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar die polisie was op die toneel om verder ondersoek in te stel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




