
https://www.youtube.com/watch?v=2xyXxcHg6HE&feature=youtu.be
ʼn Gebarste pyp het veroorsaak dat duisende liter water in Paryslaan afgeloop het.
Volgens inwoners in die omgewing is die lekkasie al vanoggend (22 November) omstreeks 06:00 aan die munisipaliteit gerapporteer. Toe die Herald teen omstreeks 14:00 daar was was die pyp steeds nie herstel nie. Die watertoevoer in die omgewing was ook nie afgesny nie en die gevolg was dat water vir langer as sewe ure gelek en in die pad afgeloop het.
Inwoners is veral beswaard omdat waterbeperkinge steeds in Potchefstroom geld en die munisipaliteit inwoners in Februarie gewaarsku het dat hulle beboet sal word indien daar nie by die beperkings gehou word nie.
Een inwoner het gevra hoe die munisipaliteit hom wil beboet as hulle so lank neem om sulke groot lekke reg te maak.
Die Herald het die munisipaliteit genader vir kommentaar en sal dit publiseer sodra dit ontvang word.



