Potchefstroom Swemklub hou gewilde Lollipop Gala
Potchefstroom se jong en ywerige swemmers het die kans gehad om die swembadwater behoorlik te laat spat tydens Potchefstroom Swemklub se Lollipop Gala. Hierdie gala wat vir vlak 1 swemmers gereël is, het op Vrydag 18 November by Potchefstroom Gimnasium se swembad plaasgevind. Die ouers en hulle jong swemmers het elke oomblik geniet. Daar was …

Potchefstroom se jong en ywerige swemmers het die kans gehad om die swembadwater behoorlik te laat spat tydens Potchefstroom Swemklub se Lollipop Gala.
Hierdie gala wat vir vlak 1 swemmers gereël is, het op Vrydag 18 November by Potchefstroom Gimnasium se swembad plaasgevind.
Die ouers en hulle jong swemmers het elke oomblik geniet. Daar was drie kategorieë: swemmers van 4-6, 10-12 (25 meter) en 10-12 jaar (50 meter). Swemmers het aan vry-, bors- en rugslag deelgeneem, terwyl sommige wat nie so goed kon swem nie, saam met meer ervare swemmers van die klub die water betree het.
Een van die hoofdoelwitte van die gala was om die voordele van swem uit te lug en die jongklomp aan dié sport bekend te stel.
Foto’s: Wouter Pienaar.

























