NewsNews

‘Hospitaal hou nie by tye’ sê vrou

‘n Ma van ‘n kankerpasiënt is erg ontstoke omdat sy reeds sedert 1 November sukkel om die nodige behandeling vir haar seun by ‘n dokter te kry.

‘n Ma van ‘n kankerpasiënt is erg ontstoke omdat sy reeds sedert 1 November sukkel om die nodige behandeling vir haar seun by ‘n dokter te kry.
Volgens Hettie Kruger is die vervoer wat gebruik moet word vanaf Potchefstroom-hospitaal na Johannesburg onbetroubaar.
Kruger se seun, Noel Palmer (41) het velkanker wat ’n deel van sy gesig al erg beskadig het. Volgens haar het hulle op 1 November ’n afspraak gehad met ’n plastiese chirurg om die skade wat tot dusver aan Palmer se gesig aangerig is, te herstel.
“Ons moes vroeg die oggend al by die dokter wees, daarom was ons vroeg by die hospitaal om betyds van die vervoer gebruik te maak,” vertel Kruger.
Hoewel hulle vroeg genoeg was, het die hospitaal se vervoer eers laat vanaf die hospitaal vertrek, wat beteken het dat Palmer sy afspraak gemis het.
Op 3 November moes hulle weer teruggaan. Toe die bus sou vertrek, was daar nie genoeg plek vir al die pasiënte, verpleegsters en ander metgeselle nie. Volgens Kruger het die personeel baie aggressief teenoor haar opgetree.
“My kind is heeltemal onbeholpe sonder my, hy kry epileptiese aanvalle en ek is die enigste een wat hom kan kalmeer. Hulle het my beveel om af te klim en wou sy leêr uit my hande gryp,” vertel Kruger.
Volgens haar het sy ook nie baie vertroue in staatshospitale nie, omdat sy al self slegte ervarings gehad het. Sy het ook drie van haar kleinkinders (Noel se kinders) aan die dood afgestaan terwyl hulle in staatshospitale was.
Sy het uitgeklim, waarna haar seun ook uitgeklim het omdat hy nie sonder sy ma wou reis nie.
* Volgens Modiri Mompati, woordvoerder van die Potchefstroom-hospitaal, gebeur dit soms dat meer mense opdaag vir vervoer as waarvoor beplan is.
“In so ‘n geval vra ons dat almal wat nie pasiënte is nie, plek maak vir ander pasiënte en personeel.
“Ons moet omsien na die pasiënte se belange,” het Mompati gesê.
Op 16 November het Palmer uiteindelik die dokter in Johannesburg gesien, wat glo baie ontsteld was omdat dit so lank geneem het om by hom uit te kom.
“My seun gaan nou heel moontlik sy oog verloor omdat die kanker al so ver versprei het,” het Kruger gesê.
‘n Opvolg besoek was gereël vir 21 November, wat Palmer weer gemis het omdat die vervoer te laat uit Potchefstroom vertrek het.
Volgens Mompati sal die hospitaal ondersoek instel oor waarom die vervoer so laat eers vertrek het.
“Dit is die eerste keer wat ons met so ‘n klagte te doen het en sal dit opvolg.”
Alhoewel die pasiënt en sy ma ook aggressief teenoor personeel opgetree het, probeer die hospitaal sy beste om onbevooroordeelde behandeling aan almal te bied.
“Alle klagtes by die hospitaal moet by die betrokke departement se bestuurder aangemeld word, waarna dit na die gehalteversekeringsbestuurder verwys sal word as dit nie uitgeklaar kan word nie,” het Mompati gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button