
‘n Onbekende man is verlede Saterdagmiddag (19 November) omstreeks 16:00 dood onder ‘n boom in Strydomstraat aangetref.
Inwoners het die man op die sypaadjie sien lê, waarna hulle vir Mooirivier Beskerming geskakel het.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle ER24 ontbied wat die man op die toneel dood verklaar het.
Volgens ‘n verklaring van ER24 was daar geen sigbare tekens van enige beserings nie.
Hoewel die nadoodse ondersoek nog gedoen moet word, word vermoed dat weerlig die man kon getref het.
Die man het geen identifikasie aan hom gehad nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



