NewsNews

‘n Tronk vol base by Cansa Jail and Bail

Op Vrydag 18 November het verskeie “base” in Potchefstroom hul middag in ‘n tronksel in die middel van Mooirivier Mall deurgebring.

Op Vrydag 18 November het verskeie “base” in Potchefstroom hul middag in ‘n tronksel in die middel van Mooirivier Mall deurgebring.

Die Herald se base, Hennie Stander en Antoinette Badenhorst, moes voor die regter getuig.
Die Herald se base, Hennie Stander en Antoinette Badenhorst, moes voor die regter getuig.

Cansa se Jail & Bail is ‘n fondsinsamelingsprojek wat Cansa na jare weer voortgesit het.
Hierdie projek behels dat ondernemings in Potchefstroom hul werkgewers moet laat “toesluit” op die een of ander fiktiewe aanklag.

Antoinette is skuldig bevind.
Antoinette is skuldig bevind.

Werkgewers is dan by hul werkplekke in hegtenis geneem deur lede van CB Security, waar hulle dan in die sekuriteitsvoertuig na die Mall geneem is. Hier moes hulle voor ‘n “regter” staan en hul tronkstraf ontvang.
Nadat hulle in die tronk gegooi is, moes hul werknemers hul borg kom betaal voordat hulle vrygelaat word, en intussen moes die arme base nog blikskud met die hoop dat ‘n verbygaande besoeker aan die sentrum ‘n rand of twee daarin sal gooi.

Die base kry 'n geldjie.
Die base kry ‘n geldjie.

Die dag was ‘n groot sukses en Cansa het sowat R25 000 ingesamel, waarvan byna R6 000 net uit die blikkies gekom het. Ondernemings wat deelgeneem het is Redspot, Potchefstroom Herald, Campus Key, Pukki Verblyf, BKD Ouditeure, MTN Mooirivier Mall, Clicks Mooirivier Mall, CUM Boeke Mooirivier Mall, NTT Potchefstroom, Bluetek Computers, Die Luiperds Rugby Unie, CTU Potchefstroom Campus, H&S Elektriese Dienste, Smart Fone oorkant PEP. Isabel Minnaar van Cansa bedank graag vir CB Security, Mooirivier Mall en My Potch Hub vir hulle hulp om die projek moontlik te maak.

Al die base in die tronk.
Al die base in die tronk.
Hennie Stander is uiteindelik vrygelaat.
Hennie Stander is uiteindelik vrygelaat.
Na 3 pogings om te ontsnap, is Antoinette Badenhorst ook maar laat gaan.
Na 3 pogings om te ontsnap, is Antoinette Badenhorst ook maar laat gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button