

Cleopatra is al vanaf 29 April vermis. Sy is sowat 6 maande oud, het lang swart hare en groen oë. Sy het vermis geraak in die area naby OK Grocer. Sy het ‘n halsband met haar naam en eienaar se nommer aangehad toe sy laaste gesien is. Sy het nog nooit van tevore die huis verlaat nie.
Indien iemand haar gesien het skakel Carla Mouton by 083 289 1543 of Marianke Saayman by 082 303 3248.
*Om ‘n vermiste troeteldier aan te meld, stuur ‘n e-pos aan marianke.saayman@media24.com met ‘n foto van die troeteldier, naam, geslag, van wanneer af hy vermis is, waar hy laas gesien is en enige ander kenmerke van die troeteldier wat kan help om hom te identifiseer.



