Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Potch Dorp se boulers verneder vir Lichtenburg

Potch Dorp 1 se krieketspan het verlede Saterdag behoorlik maalvleis gemaak van Lichtenburg Krieketklub op Potchefstroom Boys High se krieketveld, met ‘n oortuigende 7 paaltjie oorwinning. By hierdie seunskool is die manne en die seuns duidelik van die eerste bal af geskei toe Lichtenburg met rooi gesigte vir 67 uitgeboul is. Verbasend was Lichtenburg se …

Potch Dorp 1 se krieketspan het verlede Saterdag behoorlik maalvleis gemaak van Lichtenburg Krieketklub op Potchefstroom Boys High se krieketveld, met ‘n oortuigende 7 paaltjie oorwinning. By hierdie seunskool is die manne en die seuns duidelik van die eerste bal af geskei toe Lichtenburg met rooi gesigte vir 67 uitgeboul is.

Verbasend was Lichtenburg se hoogste lopiemaker, die nommer 11 kolwer, Renier de Beer, wat 18 lopies aangeteken het.

Potch Dorp se staatmakers met die bal was Marcus Fourie (5/26) wat met sy linkerhandse draaiballe groot amok gesaai het. Hussain Ali het ook 4/27 gevat. Dorp het toe gemaklik die teiken behaal met Rohan Kruger se 23 (9) wat in ‘n japtrap die wedstryd beklink het, nadat Lichtenburg se Ryan Schroeder ‘n paar vroeë paaltjies geneem het.

* Potch Dorp se tweede span het nou weer aan die verloorkant geëindig in hulle wedstryd teen Ibbies met ‘n 9 paaltjie nederlaag.

Die groot rede hiervoor was die boulwerk van Elmar van Wyk wat met pragtige syfers van 6/13 gesorg het – ‘n ongelukkige nommer 13 dus vir Dorp in hulle totaal van 95 almal uit.

Bradley Lynch slaan 47 en Steffan Vorster ‘n onoorwonne 36 om Ibbies oor die wenstreep te lei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button