
’n Huisbrand het verlede Vrydagaand 13 Januarie omstreeks 19:30 in Sol Plaatjiestraat ontstaan. Te danke aan die brandweer se spoedige optrede, het die brand nie kans gehad om baie skade aan te rig nie.
Sover bekend is net die plafon van die kombuis beskadig. Die brand het glo by die stoof begin. Paramedici van ER24 het twee seuns wat in die huis was, vir rookinaseming behandel, waarna hulle na Mediclinic Potchefstroom geneem is vir verdere behandeling.
Diana King, woordvoerder van die genoemde hospitaal, het bevestig dat die twee seuns opgeneem en behandel is, maar dat hulle dieselfde aand nog ontslaan is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



