CommunityNews

ER24 het van kantoor verander

ER24 het onlangs van kantoor verander en 'n nuwe bestuurder aangestel.

ER24 het onlangs van kantoor verander en ‘n nuwe bestuurder aangestel.

Die ambulanse se basis is nou by 5 Von Pittiusstraat.

Die nuwe bestuurder, Andrè Bronkhorst, het al 14 jaar ondervinding in die nooddienste. Volgens Bronkhorst is die belangrikste aspek van nooddiens om te belê in die mense en toerusting wat die nooddiens moet lewer.

Bronkhorst, wat die laaste jaar in die Vaaldriehoek gewerk het, verseker dat selfs met die veranderinge in perseel en bestuur dat ER24 sal aanhou om die uitstekende diens te lewer waaraan die gemeenskap gewoond is.

“Ek geniet dit om ‘n geïntegreerde deel te wees van die gemeenskap waar ek werk. Ek is trots daarop dat ek by die Noordwes span aangesluit het,” het Bronkhorst gesê.

Andrè Bronkhorst (33) nuwe bestuurder van ER24, Potchefstroom

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button