NewsNews

ANC-jeugliga wil universiteite nasionaliseer

Alle openbare universiteite moet in staatsbesit en beheer gesit word om gelykheid te verseker, het die ANC-jeugliga tydens Woensdag vir die ondersoekkommissie oor klasgelde gesê.

Alle openbare universiteite moet in staatsbesit en beheer gesit word om gelykheid te verseker, het die ANC-jeugliga tydens Woensdag vir die ondersoekkommissie oor klasgelde gesê.

Volgens ANC-jeugliga se sekretaris-generaal Njabulo Nzuza sal dit lei tot verhoogde inkomste vir die regering en gestandaardiseerde koste van onderrig.

Hy het ‘n beroep op die kommissie gedoen om na die Kubaanse onderrigmodel  te kyk vir oplossings oor die befondsing van hoër onderwys.

“Sommige instellings maak besluite wat ander studente uit sluit. Hulle beheer toegang deur van finansiële middele gebruik te maak,” het hy gesê.

“Ons moet nie onderrig as verkwistende besteding sien nie. Ons moet dit  as ‘n belegging in die toekoms, iets wat innovasie sal vonk in die lang termyn.

Onderwys moet net gratis wees vir diegene wat dit nie kan bekostig nie. Diegene wat kan betaal moet dit doen,”  het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button