NewsNews

Engelstem wil vir PAWS sing

Potchefstroomse sangeres, Jeanine Volschenk, het besluit om ’n nuwe deuntjie te sing - ’n deuntjie om PAWS te help.

Potchefstroomse sangeres, Jeanine Volschenk, het besluit om ’n nuwe deuntjie te sing – ’n deuntjie om PAWS te help.
Jeanine het gereeld gesing om fondse vir Cansa in te samel, maar het besluit dat sy graag die diere van Potchefstroom ook wil help.
Sy het ’n groot liefde vir diere, en veral vir die diere by PAWS, aangesien PAWS uniek aan Potchefstroom is en nie genoeg ondersteuning ontvang nie.
“Die hele idee van die projek is om bewusmaking te skep. Ek wil hê mense moet sien wat daar aangaan, en moet besef dat hulle hulp benodig word om hierdie diere ’n toekoms te gee,” sê sy.
Jeanine is in Potchefstroom gebore en het tussen musikante grootgeword. Haar ouma was ’n operasangeres en haar pa speel in orkeste.
Sy het besluit om haar talent te gebruik om ’n verskil te maak en beplan ’n groot sangvertoning waarvan die primêre doel gaan wees om fondse vir PAWS in te samel.
Die datum hiervan gaan nog vasgestel word, maar tot en met dan wil sy besighede, skole en individue uitdaag om ’n verskil te begin maak en te kyk hoeveel hulle vir PAWS kan doen.
“Ek dink elkeen het ‘n verantwoordelikheid om die talent wat die Here jou gegee het te gebruik om ander te help. Dit word nou winter en die diere kort komberse en bedjies.
“Daar is ook altyd ’n behoefte aan kat- en hondekos,” sê sy.
Enige donasies van kos, komberse, beddens, of enige ander benodigdhede wat sal help om ’n warmer winter vir die diere by PAWS te gee, kan direk na PAWS geneem word, of by die Potchefstroom Herald se kantoor afgelewer word op die hoek van Piet Uys en Govan Mbeki-rylaan.
Vir meer inligting oor hoe om te help, skakel PAWS by (018) 294 3856.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button