NewsNews

Jy is wys as jy hom vra vir ʼn prys

Vir langer as vyf dekades  lewer die Visagies  reeds n diens tot verbetering en opgradering van  huise en besighede. Hardy  se pa, Gerrie Visagie, het die besigheid met slegs Venesiese blinders in 1956 in Klerksdorp begin. Met verloop van tyd is die besigheid uitgebrei met vertikale blinders, vandaar die naam Venelouvre – Die son-embleem, verwys …

Vir langer as vyf dekades  lewer die Visagies  reeds n diens tot verbetering en opgradering van  huise en besighede.

Hardy  se pa, Gerrie Visagie, het die besigheid met slegs Venesiese blinders in 1956 in Klerksdorp begin.

Gerrie Visagie

Met verloop van tyd is die besigheid uitgebrei met vertikale blinders, vandaar die naam Venelouvre – Die son-embleem, verwys na die warm Afrika son wat  kliënte  juis  laat besluit op produkte van hoogstaande gehalte  vir huise  of besighede.

Hardy het Venelouvre uitgebrei  na n groot verskeidenheid blinders, sonskerms  en sekuriteitsbenodighede vir vensters en deure. Venelouvre voorsien ook geoutomatiseerde garagedeure en hekmotors.

Venelouvre doen nie alleen nuwe installerings nie,  maar lewer n naverkoopdiens van herstel- en opgraderingswerk. Venelouvre spog met n  aantal kliënte onder andere Anglo Gold Ashanti en verskeie ontwikkelaars en kontrakteurs.

Kliëntediens is vir Hardy van uiterste belang.   Elke kwotasie  en installasie word  deur opgeleide personeel gedoen – daarom is Venelouvre trots daarop dat elke installasie waarde toevoeg   tot die huis,  paleis, raadsaal of sitkamer.

Alhoewel Venelouvre  hoofsaaklik in Noordwes gesetel is, is afstand geen struikelblok om  profesionele diens te lewer nie. Tevrede en getroue  kliënte strek  reeds vanaf Jeffreysbaai tot  Warmbad.

So waarvoor wag jy, wees wys en vra hom vir n prys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button