SportSport

Gaan rooi of blou in Classic Clash hokkie en netbal koning kraai?

Buiten die groot rugbywedstryde wat die Classic Clash om draai is daar ook natuurlik trots op die spel wanneer Volkies en Gimmies se hokkie en netbaltrots mekaar gaan pak. Die vormboeke word ook gewoonlik uit die ruit gegooi by hierdie wedstryde en spanne wat juis ‘n wipplank seisoen beleef kan skielik hulle beste vertoning in …

Buiten die groot rugbywedstryde wat die Classic Clash om draai is daar ook natuurlik trots op die spel wanneer Volkies en Gimmies se hokkie en netbaltrots mekaar gaan pak. Die vormboeke word ook gewoonlik uit die ruit gegooi by hierdie wedstryde en spanne wat juis ‘n wipplank seisoen beleef kan skielik hulle beste vertoning in dié tradisionele stryd lewer.

Volkies het verlede jaar die oorhand in die eerstespan netbalstryd gehad, en Gimmies sal aan niks beter kan dink om met hulle span op Volkies se baan ‘n oorwinning te  behaal nie. Gimmies se eerstespan is juis SA-kampioene en hierdie span wys keer op keer dat hulle hul sout werd is. Leonie Maree se verdediging is altyd rotsvas en Melissa Smit sorg dat die doele aangeteken word. Volkies het ook ‘n paar sterre in hul span met Michaela Reid, Corné Senekal en Anchané Pretorius wat hul span in ‘n wenrigting kan stuur. Verwag ‘n groot en naelbytstryd op die netbalbane.

Op hokkiegebied het Gimmies die afgelope paar jaar domineer en dit sal baie waaghalsig wees om te voorspel dat Volkies se seunshokkiespanne hond haaraf hierdie jaar teen Gimmies sal maak. Gimmies se spelers wat bekende talent soos Landré Halgryn, Adriaan Röntgen en FC de Villiers insluit, sal moeilik gestuit word. Volkies se Cobus Crowther, Ruvan Pieters en Vusi Ntshanga sal wel hulle bes probeer om vir ‘n groot verrassing te sorg.

Volkies se eerste dogtershokkiespan het miskien ‘n beter kans om Gimmies te verras met ‘n paar staatmakers soos Heilli Potgieter en Suzette Schulenburg  in die span. Gimmies se tweeling, Mignon en Minique Huisamen sowel as Lize Smith sal hul bes probeer om Gimmies se hokkiespan te laat seëvier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button