
‘n Trok het vanoggend (6 Junie) omstreeks 10:30 naby die spoorweg langs die N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom omgekeer.
Verskeie nooddienste, insluitend ER24, Verkeer asook die Brandweer het op die toneel gekom waar hulle die trok ongeveer 15km buite Potchefstroom gevind het. Die trok wat glo voer vervoer het, het sy vrag verloor soos dit oor die treinspoor wou ry.
Die presiese oorsaak van die voorval is nog onbekend maar daar was gelukkig geen beserings tydens die ongeluk nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



