NewsNews

Gesamentlike bidaksie op Potchefstroomkampus voor eksamen

'n Gesamentlike bidgeleentheid het gister op die NWU Potchefstroomkampus plaasgevind.

‘n Gesamentlike bidgeleentheid het gister op die NWU Potchefstroomkampus plaasgevind.

Wapad, het gister fotos op hulle Facebookblad oor die geleenteheid opgelaai.

Volgens Burger Terblanche, SR lid vir BOB, het die studenteraad vir Prof. Fika Janse van Rensburg, kampusrektor van die Potchefstroomkampus en Mohammed Uzair Bhamjee, van die Moslem-studentevereniging genooi om saam met studente voor die eksamens te bid.

Mohammed Uzair Bhamjee en Prof. Fika Janse van Rensburg het om die beurt vir studente voor die eksamens gebid. FOTO: WAPAD/FACEBOOK

“Ons het die eksamens aan God opgedra en daarna het die Moslem studente hulle vas gebreek. Dit was ‘n vinnige geleentheid vir studente wat wou deelneem,” vertel Terblanche.

Die SR het ook ‘n busdiens begin tydens die eksamen vir studente wat later op kampus wil bly om te leer en nie vervoer het nie.  

Tye van wat die bus studente vervoer FOTO: NWU SR/FACEBOOK

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button