NewsNews

Die Schoemans doen dit weer

Het jy al ooit gewonder waar kom die woord mampoer vandaan?

Het jy al ooit gewonder waar kom die woord mampoer vandaan?
Wel kom ek vertel jou.
Glo dit of nie die woord Mampoer kom eintlik van die hoofman van die Pedi stam Kgosi Mampuru af. Hoe die storie loop is dat nadat die boere die groot trek aangedurf het en binneland toe beweeg het, het hulle kamp opgestel in die Waterberge, met dit het Kgosi en sy volgelinge begin beeste steel by die boere. Na ‘n tyd het die boere besluit om ondersoek in te stel en op ‘n grot afgekom waar die gesteelde beeste in gejaag was. Hulle het op ‘n vreemde drank afgekom wat van vrugte gemaak is. Destyds was dit vir hulle ‘n snaakse ding aangesien hulle net met druiwe gestook het.
So het hierdie vriendskap tussen Pedi’s en Boere begin. Daar was eers gepraat van Mampuru en soos tyd aanbeweeg het, het dit verander na mampoer soos ons dit vandag ken.
Boet en Martie Schoeman het weer soos ouder gewoonte deelgeneem aan die jaarlikse nasionale mampoer kampioenskappe, Dawie hul seun en nog so paar Potchefstromers het deelgeneem met die hoop om iets los te slaan.
Tot almal se blydskap het Potchefstromers hul staal gewys en altesaam met 127 toekennings weg gestap. Boet het die jaar vir die eerste keer die nasionale witblits toekenning gewen (Hannes de Klerk was in die verlede baie die nasionale witblits kampioen) en sy seun Dawie het sy eerste toekenning as die nasionale mampoer kampioen gewen, Boet het hierdie toekenning al agt keer voorheen gewen. Moses Fish, Boet se regterhand man wat al 23jaar saam stook het vir die eerste keer die agterryer trofee gewen.

Moses Fish saam met sy agterryer-trofee.

Boet vertel dat mampoer maak nie ʼn maklike proses is en laas jaar nie ʼn maklike jaar was met die reën wat op ʼn moeilike tyd gekom het. Jy moet verstaan ék is net so dankbaar soos die volgende ou vir reën, maar die natuurlike gis wat op ‘n vrug voorkom word soms afgewas wat dan die proses verstadig, se Boet. Boet vertel dat die beoordeling streng is jy geen ekstra suiker of chemiese middele mag gebruik in die stook proses so jy maak baie staat op moedernatuur om haar deel te doen en die beste vrugte te lewer. Boet stook jaar om en gebruik alles van pere, appels, pruime en dan die bekende hanepoot druiwe. Hy is ook ʼn trots om te se dat hy op ten minste ʼn 80km radius van Potchefstroom die handelaars ondersteun maar sê wel dat Upington die beste hanepoot druiwe het.
Boet vertel dat beoordeling streng is dat daar ʼn blinde beoordelings (beoordelaar weet nie wie die stoker is nie) gedoen word en dat hulle in ʼn totaal van 638 produkte mee geding het in30 klasse. ʼn Interessante feit is dat alle produkte helder stook en meestal met kleursel of hout verkleur so meestal sal jy sours of brandewyn met kleursel of hout verkleur. Hierdie is natuurlik iets wat jou dadelik gediskwalifiseer sal kry aangesien die beoordelaar eerste kyk vir die helderheid van kleur kyk. Hy jou stook die toets slag sal hy eers op reuk en dan smaak beoordeel word. Hulle het die afgelope tyd Pedi’s en Vendas ook in die kompetisie in getrek en selfs die lede wat onder artikel 116 wet ingetrek. “Ons groot vrees is dat die tradisie sal uitsterf, ons betrek so veel moontlik kulture en metodes en leer eerder die mense die regte manier as wat dit op die ou einde uitsterf”.
Die Schoemans het hul stook ketels met die ossewaens opgebring in 1844. Boet se pa wat die vierde geslag stoker was het die stokery aan hom geleer nes hy dit aan Dawie geleer het en met trots is hul albei nou kampioene van hierdie kuns.

Boet en Martie Schoeman .

Die lys Potchefstromers wat by die jaar se nasionale mampoer kampioenskappe ons naam hoog gehou het:

  • Dawie Swan: 1 Goud, 1 Silwer, 3 Brons
  • Hannes de Klerk:  1 Dubbel Goud, 2 Goud, 3 Silwer, 3 Brons
  • Albie Götze: 3 Dubbel Goud, 2 Goud, 6 Silwer, 2 Brons
  • Louise Botes:  1 Goud, 2 Silwer, 1 Brons
  • Dawie Schoeman:  2 Dubbel Goud, 5 Goud, 5 Silwer
  • Martie Schoeman:  3 Dubbel Goud, 9 Goud, 12 Silwer, 11 Brons
  • Boet Schoeman:  3 Dubbel Goud, 16 Goud, 29 Silwer, 2 Brons.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button