NewsNews

Fietsryer op Schoemansdriftpad na tref en trap dood

'n Fietsryer is Sondagaand omstreeks 18:30 op die Schoemansdriftpad raak gery.

‘n Fietsryer is Sondagaand omstreeks 18:30 op die Schoemansdriftpad raak gery.

Die bestuurder van die voertuig het na bewering die toneel verlaat voor enige nooddienste daar kon kom.

Paramedici van ER24 het op die toneel gekom waar hulle die man in die pad ‘n paar meter van sy fiets af gevind is.

“Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir die man kon doen nie, waarna die man dood op die toneel verklaar is,” het Werner Vermaak, ER24 woordvoerder, gesê.

Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is ‘n man kort na die voorval in hegtenis geneem op aanklag van strafbare manslag.

“Die verdagte behoort vandag (12 Junie) in die hof te verskyn,” het Chaka gesê.

Die waarnemende stasiebevelvoerder, Kol. Myburgh het die beamptes geprys oor hoe vinnig hulle die verdagte kon vastrek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button