NewsNews

13-jarige voor skool met mes gesteek in Mohadin

’n Graad agt-leerder van ’n skool in Mohadin is Dinsdagmiddag, 13 Junie omstreeks 13:00 voor sy skool met ’n mes aangeval.

’n Graad agt-leerder van ’n skool in Mohadin is Dinsdagmiddag, 13 Junie omstreeks 13:00 voor sy skool met ’n mes aangeval.
Volgens die seun het hy ’n bakleiery tussen ’n ouer seun en ’n vriend van hom probeer keer. Hy het daarin geslaag om sy vriend van die ander seun af weg te kry.
“Ons het huis toe geloop, maar hy het ons agtervolg,” vertel die seun.
Kort daarna het die ander seun, wat 17 jaar oud is, die 13-jarige seun aangeval. Volgens die seun se ma het hy hom vier keer in die rug gesteek voor hy gevlug het.
Die rusie tussen die seuns spruit glo uit ’n misverstand oor ’n selfoon. “Eers het ek niks gevoel nie, maar ‘n rukkie later begin ek toe moeg word. Dit is toe ons in ’n oom se kar geklim het en kliniek toe is,” vertel die seun. Sy toestand is by die kliniek gestabiliseer, waarna hy na Potchefstroom Hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Hy is Sondag, 18 Junie ontslaan. “Ek wil reël dat hy berading kry, hy is deur erge trauma. Ek kan net vir die Here dankie sê dat my kind nog leef,” sê sy ma.
Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord.

“Die 17-jarige seun is uit die skool geskors,” het die ma gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button